Die Saamwerkende Gemeentes Pretoria en Wonderboom-suid het 'n ryk geskiedenis en is dankbaar vir die die taak wat die Here van die kerk, Jesus Christus aan haar opgedra het. Ons doen dit in afhanklikhied en biddend terwyl ons met vreugde in ons gemeenskappe dien.
Tydens die erediens buig ons biddend en bedelend voor die heilige God wat Hom deur sy Woord aan ons openbaar.
Die Kerkhervormer, Martin Luther, het per geleentheid opgemerk dat naas die wonderlike gawe van God se Woord het Hy ons die wonderskone gawe van musiek geskenk.
'Kom, kinders, luister na my, ontsag vir die Here sal ek julle leer.'
Psalm 34: 12 (2020 AV)
Gun my dat ek vir die geslagte voortdurend kan vertel van u verlossingswerk.
Groot is u dade en oneindig die werk wat U gedoen het.
God, U het geen gelyke.
Die huweliksband en gesinslewe is van ons belangrikste tuiskom plekke in die wêreld en dit kan 'n veilige hawe wees in 'n uitdagende en soms moeilike wêreld.
Die verspreiding van die Bybel en ondersteuning van vervolgde Christene is 'n heerlike taak.
Bybelstudie is bloot die ontleding van die Bybel. Dit is ook een van die mees gelese boeke in die geskiedenis. Kom ons kyk na die tipe Bybelstudies wat mense kan volg.
Ons weeklikse nuusbrief ‘Die Bergblits’ bied inligting oor lief en leed in ons gemeente, aktuele sake en vrae sowel as ‘n Boodskap vir die week. Teken asb in vir weeklikse berigte oor gemeente sake.