Die huweliksband en gesinslewe is van ons belangrikste tuiskom plekke in die wêreld en dit kan 'n veilige hawe wees in 'n uitdagende en soms moeilike wêreld. Maar verhoudings, die huwelik en die gesinslewe is ook broos en kan verwond, kneus en tot vervreemding lei.
Jaarliks bied ons in vennootskap met kenners en instansies 'n huweliksverrykingsprogram aan en omdat die gesinslewe eweneens die fondament van ons gemeenskapslewe is, ook 'n ouerleiding- en gesinsverrykingkursus.
Toepaslike Bybelstudies vir huwelikspare en gesinne is eweneens toeganklik op ons kuberplatforms en indien u berading of huweliksberading oorweeg, kan u gerus met ons leraar/s skakel.