Wat ons lees en leer word saamgevat in die Ekumeniese belydenisse en die Reformatoriese belydenisskrifte naamlik die Nederlandse Geloofsbelydenis (1561), die Heidelbergse Kategismus (1563) en die Dordtse leerreëls (1618-1619) wat in ooreenstemming met die Bybel:

Die leer van die sonde en die sondigheid van die mens en die onvolmaaktheid van sy denke en doen verklaar;

Die verlossing uit die sonde deur Jesus Christus (die Gesalfde, die Messias) en die dankbaarheid van die gelowige teenoor God vir die verlossing en sy aanvaarding as kind van God, glo en bely;

En gehoorsaam deur die huweliksband, in die gesinslewe, op die terrein van opvoeding-en onderwys en die kultuur-lewe en sosiaal-maatskaplike terrein van die Afrikaner-gemeenskap en in ander kontekste God Drie-enig loof en dienend volg.