'Kom, kinders, luister na my, ontsag vir die Here sal ek julle leer.'               

Psalm 34: 12 (2020 AV)

In die gees van Psalm 34 se uitnodiging bied ons Sondae (uitgesluit Nagmaalvieringe en skoolvakansie) kerklike onderrig aan die kinders van gemeente sowel as nie-belydende volwassenes aan.  Die onderrig het ten doel om kinders en jongmense kennis van God se Woord te bied en daardeur vertroue in die God van die Woord.