Die Kerkhervormer, Martin Luther, het per geleentheid opgemerk dat naas die wonderlike gawe van God se Woord het Hy ons die wonderskone gawe van musiek geskenk. 

In dieselfde asem merk die 'nagtegaal van Wittenberg' op dat as die kerk sing sidder die Satan.

Elke eerste en derde Sondag van die maand, vanaf 8:45 in die kerkgebou van gemeente Wonderboom-suid,  kom die gemeente byeen vir samesang.  Tydens die geleentheid leer ons ook nuwe liedere en gee so gehoor aan die Psalmdigter se oproep: 'Sing 'n nuwe lied vir die Here'.

Daarby kom die gemeentes en gemeenskap drie maal per jaar bymekaar om saam te loof en te dank en tydens die geleenthede, 'Pretoria Moot-sing',  luister ons ook na kerkkore, skoolkore en kamerorkeste wat ons lei en begelei.

Jaarkalender van die gemeente