In samewerking met die studentegemeente Philadelphia en buurgemeentes in die Ring van Magalies, bied ons aan tieners en studente geleentheid om bande te bou en iets te ontdek van die geloof in Jesus Christus.
Behalwe dié samewerking is ons betrokke by skole en tersiêre opledingsinstansies in die Moot deur ons jeugwerkers wat op eietydse wyse Godswoord en verbond deel en geleentheid bied vir berading in die gemeente se beradingskamer.