Maar ons moedig ook lidmate en vriende van die gemeente aan om 'n Bybel in Sepedi of isiZulu aan hulle werknemers of skole te skenk. Dit is ook moontlik om Afrikaanse Bybels wat nie gebruik te word te skenk vir verspreiding in informele nedersettings.
Dit is vir ons eweneens belangrik om saam met ander protestantse geloofsgemeenskappe te dien en daarom neem ons jaarliks aan die Bybelgenootskap se Bybelstap deel.
Kontak asb die Kerkbeampte indien u 'n Bybel wil skenk, vervolgde Christene wil ondersteun of wil deelneem aan ons Bybelverspreiding projekte.