Dit is die oproep van die apostel Paulus in die brief aan die gemeente in Efese. Uit dankbaarheid teenoor ons Skepper en Verlosser, wat ons swaarste las op sy skouers neem, dien ons diegene onder ons wat swaarkry.
Laste help dra vra dat ons met deernis, maar ook met wysheid diegene wat terugslae beleef optel en help gesond word.
Dit sluit nie net fisiese ondersteuning in soos inkopies en verblyf in nie, maar ook rehabilitasie vir diegene wat hoop verloor het en ontvlugting soek in dwelms, alkohol of ander middele.
Indien u nood het of behoefte het aan raad kan u 'n e-pos stuur of 'n oproep tydens kantoor-ure rig aan die Sameroeper van ons Diakonale Dienskomitee.
kantoor@kerkteendieberg.co.za
081 000 5818