In Psalm 74 sing ons ondermeer:

 

            Gun my dat ek vir die geslagte voortdurend kan vertel van u verlossingswerk.

            Groot is u dade en oneindig die werk wat U gedoen het.

            God, U het geen gelyke.

Die ruimtes waarin ons dien sluit verskeie bejaardesorgsentrums en bejaardes in, soos

 

Die saamleef en saamwerk met bejaardes is vir ons prioriteit en die bydraes van ons bejaardes is, in die lig van die Psalm, broodnodig.

Ons bejaardes kuier gereeld saam en behalwe dit, beplan en organiseer hulle geleenthede vir uitstappies en dienslewering aan die gemeente en gemeenskap.

Daar is van ons bejaardes, veral verswakte bejaardes wat nie aan alles deel kry nie, daarom reik ons ook die hand na hulle. 

Die gemeentes beskik oor Seniordal, behuising vir selfversorgende bejaardes en indien jy meer te wete wil kom, kan die volgende skakel dien.

Skakel gerus die Kerkbeampte indien u betrokke wil raak of die Seniordal adminbestuurder vir meer inligting.