Hier aan die suidekant, van die Magaliesberg, waar die Wonderboompoort kerf en verder na waar die Voortrekkermonument oor Pretoria uitrys, dien twee gemeentes, die Heer en Hoof van die Kerk en wêreld, Jesus Christus.

 

Die saamwerkende Gemeentes Pretoria en Wonderboom-suid aanbid, sing, dien in en bewaar en bewerk die Moot, Colbyn, Arcadia, Riviera, Rietondale en Wonderboom-suid. 

 

Rondom die Wonderboom, die kruis van Christus, glo en leef ons geanker in die Here wat Heer is oor ons gister en ons môre en ons elke dag deur sy Woord dra en lei na sy voleinding.

 

Gemeente Pretoria is die oudste Afrikaanse Hervormde gemeente in Pretoria, selfs ouer as Pretoria en gemeente Wonderboom-suid is as 't ware haar kleindogter.

 

Ons is 'n mosaiek van mense, bejaardes en middeljariges, gesinne, suigelinge en jongmense, pasgetroudes en enkellopendes wat hande vou in gebed en hand aan hand met God drie-enig ons gemeente en gemeenskap koester.

 

Aangename kennis.

 

Gemeente Pretoria

Ons wil u graag in kennis stel dat Gemeente Pretoria SnapScan beskikbaar het om betalings te fasiliteer en indien u hierdie betaalmetode wil gebruik, verskaf asseblief u naam en van as verwysing asook die rede vir bydrae om die fondse korrek te allokeer.

Dankie byvoorbaat.